Spesiale versamelings

Johan Oliver-versameling (hofverslae)

Hofverslae vanaf 1947 tot 2008

Joost van den Vondel-versameling

Bekende Nederlandse digter uit die Goue Eeu

Prof. Edith Raidt-versameling

Prof. Raidt word wêreldwyd erken as een van die mees gerekende Afrikaanse taalkundiges nóg
Versameling beslaan ongeveer 800 publikasies

Dr. Natie van Vuuren-versameling

Dr. Van Vuuren is ʼn bekende Afrikaanstaalkenner en -liefhebber
Versameling beslaan meer as 200 Afrikaanse literêre werke
Titels dateer so ver terug as 1867

Nongqai-joernaal

Eertydse tydskrifjoernaal vir die Suid-Afrikaanse magte
Artikels is in Afrikaans en Engels beskikbaar
“Nongqai” is ʼn Zoeloe-woord met die betekenis, “die koning se wagte wat altyd van plek tot plek aan die beweeg is”

N. P. Van Wyk Louw-versameling

Die N. P. Van Wyk Louw-versameling is deur Peter Louw, seun van hierdie bekende Afrikaanse digter en filosoof, aan Akademia geskenk. Die versameling sluit van N. P. Van Wyk Louw se boeke, handgeskrewe manuskripte en notas in, sowel as stemnotas en plate wat die digter self opgeneem het.