Met registrasie by Akademia word jy outomaties ʼn lid van die biblioteek, en dien jou studentekaart of personeelkaart ook as jou biblioteekkaart.
Jy kan tien boeke vir twee weke leen. Indien boeke laat terugbesorg word, is ʼn boete in die vorm van onbederfbare voedselprodukte (vir skenking aan Solidariteit Helpende Hand) betaalbaar.
Jy kan tien boeke vir twee weke leen. Indien boeke laat terugbesorg word, is ʼn boete in die vorm van onbederfbare voedselprodukte (vir skenking aan Solidariteit Helpende Hand) betaalbaar.
Die opleidingsmateriaal vir toegang tot databasisse sal beskikbaar gemaak word.
Die katalogus onder die Biblioteekmodule sal jou toelaat om ʼn boek volgens outeur, titel en onderwerp te soek. ʼn Opleidingsvideo is ook beskikbaar onder Biblioteek101. Vra ook gerus die bibliotekaris vir hulp.