Akademia se biblioteek is nougeset verbind tot voortgesette uitnemendheid – nie net wat toegang tot inligtingsbronne betref nie, maar ook in die lewering van professionele ondersteuning. Hierdeur word die akademiese gemeenskap nie net intellektueel uitgebrei nie, maar word ʼn kultuur van lewenslange leer aktief bevorder. As ʼn baken van kennis streef die biblioteek daarna om vanuit die bronne ʼn betekenisvolle bydrae tot die bevordering van vakkundigheid en navorsing te lewer.
Missie
Akademia se mediasentrum is nougeset verbind tot voortgesette uitnemendheid – nie net wat toegang tot inligtingsbronne betref nie, maar ook in die lewering van professionele ondersteuning. Hierdeur word die akademiese gemeenskap nie net intellektueel uitgebrei nie, maar word ʼn kultuur van lewenslange leer aktief bevorder.
Visie
As ʼn baken van kennis streef die mediasentrum daarna om vanuit die bronne ʼn betekenisvolle bydrae tot die bevordering van vakkundigheid en navorsing te lewer.
Meer oor die biblioteek
Oorsig
Die biblioteek het sy deure op 4 Januarie 2021 oopgemaak om Akademia se unieke onderrigleermodelle te ondersteun, waar studente voltyds op kampus of nauurs oor afstand onderrig ontvang.
Die biblioteek op die Gerhardstraat-kampus beskik tans oor 12 000 harde kopieë wat voorgeskrewe handboeke en skenkings insluit.
Die biblioteek het toegang tot verskeie databasisse op die EBSCOhost-databasisplatform, asook toegang tot JutaStats, LexisNexis, HeinOnline, ScienceDirect, Sabinet: South African eJournals en JSTOR.
Die databasisse verleen ook toegang tot ongeveer ʼn miljoen volteksdokumente wat bestaan uit joernaalartikels, e-boeke, konferensieverslae, beleide en kurrikulumgidse.
Die argiefdokumente dateer terug tot 1866.
Die biblioteek het toegang tot ongeveer 70 000 e-boeke en 12 000 fisiese boeke wat relevant is tot alle vakgebiede.
Jutastats verleen toegang tot regsjoernale, Suid-Afrikaanse hofverslae vanaf 1947 en Suid-Afrikaanse statute en regulasies.
ʼn Verskeidenheid van ooptoegangsbronne is ook op die aanlyn biblioteek beskikbaar.
Personeel
Lianda Coetzer
Bibliotekaris
Alrina Teichert
Administrateur: Biblioteek
Helena Bruwer
Administrateur: Biblioteek (Paarl)
Kezanne Steynberg
Administrateur: Biblioteek
Biblioteek-ure
Die biblioteek is die volgende ure oop:
Maandae tot Vrydae: 08:00-16:30 | Saterdae en Sondae: Gesluit