Missie

Akademia se mediasentrum is nougeset verbind tot voortgesette uitnemendheid – nie net wat toegang tot inligtingsbronne betref nie, maar ook in die lewering van professionele ondersteuning. Hierdeur word die akademiese gemeenskap nie net intellektueel uitgebrei nie, maar word ʼn kultuur van lewenslange leer aktief bevorder.

Visie

As ʼn baken van kennis streef die mediasentrum daarna om vanuit die bronne ʼn betekenisvolle bydrae tot die bevordering van vakkundigheid en navorsing te lewer.

Meer oor die mediasentrum

Oorsig

Die mediasentrum het sy deure op 4 Januarie 2021 oopgemaak om Akademia se unieke onderrigleermodelle te ondersteun, waar studente voltyds op kampus of nauurs oor afstand onderrig ontvang.

Die mediasentrum op die Gerhardstraat-kampus beskik tans oor 2 000 harde kopieë wat voorgeskrewe handboeke en skenkings insluit.

Die mediasentrum is ook ingeteken op die EBSCOHost-databasis wat toegang verleen tot Business Source Complete, Education Resources Information Center (ERIC), Communication & Mass Media Complete asook Jutastats.

Laasgenoemde databasisse verleen ook toegang tot 750 000 volteksdokumente wat bestaan uit joernaalartikels, e-boeke, konferensieverslae, beleide en kurrikulumgidse.

Die argiefdokumente dateer terug tot 1966.

Die e-boekversameling bestaan uit 15 000 BOEKE wat relevant is tot alle vakgebiede.

Jutastats verleen toegang tot regsjoernale, Suid-Afrikaanse hofverslae vanaf 1947 en Suid-Afrikaanse statute en regulasies.

ʼn Verskeidenheid van ooptoegangsbronne is ook op die aanlyn bib lioteek beskikbaar.

Personeel

Lianda Coetzer

Bibliotekaris

Alrina Teichert

Adminastrateur: Biblioteek

Mediasentrumure

Die mediasentrum is die volgende ure oop:

Maandae tot Vrydae: 08:00-16:30 | Saterdae en Sondae: Gesluit